Hebreërs 13:11-13

Hebreërs 13:11-13 CAB23

Want die liggame van daardie diere waarvan die bloed deur die hoëpriester vir die sonde in die heiligdom ingebring is, word buitekant die laer verbrand. Daarom het Jesus ook buitekant die poort gely, om die volk deur sy eie bloed te heilig. Laat ons dan na hom uitgaan buitekant die laer en sy smaad dra.