HEBREËRS 13:11-13
HEBREËRS 13:11-13 Bybel vir almal (ABA)
Want die hoëpriester het die bloed van die diere wat hy ge-offer het, ingebring in die hoog-gewyde kamer, dit was 'n offer om te betaal vir die sonde. Maar iemand het die liggame van die offer-diere wat die hoëpriester ge-offer het, buite die kamp verbrand. Daarom het ook Jesus buite die stad se poort swaargekry en gesterf sodat Hy met sy eie bloed die volk kon wy, ja, Hy het dit gedoen toe Hy vir ons gesterf het. Daarom moet ons uitgaan na Jesus toe, Hy is buite die kamp. Ons moet gaan terwyl die mense ook vir ons beledig soos hulle vir Hom beledig het.
HEBREËRS 13:11-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want die diere waarvan die bloed vir die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word — hulle liggame word buitekant die laer verbrand. Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely. Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer en sy smaad dra.
HEBREËRS 13:11-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die bloed van die offerdiere word deur die hoëpriester in die heiligdom ingebring vir die sonde, maar hulle liggame word buitekant die laer verbrand. Daarom het Jesus ook buitekant die stadspoort gely om die volk deur sy eie bloed van hulle sonde te reinig. Laat ons dan nou uitgaan na Hom toe buitekant die laer en die smaad dra wat Hy gedra het
HEBREËRS 13:11-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want die karkasse van die diere waarvan die bloed ter wille van die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word, word buite die laer verbrand. Daarom het ook Jesus so buite die stadspoort gely, sodat Hy die volk deur sy eie bloed kon heilig. Laat ons dus uitgaan na Hom buite die laer, en sy smaad verduur.
HEBREËRS 13:11-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die liggame van daardie diere waarvan die bloed deur die hoëpriester vir die sonde in die heiligdom ingebring is, word buitekant die laer verbrand. Daarom het Jesus ook buitekant die poort gely, om die volk deur sy eie bloed te heilig. Laat ons dan na hom uitgaan buitekant die laer en sy smaad dra.
HEBREËRS 13:11-13 Die Boodskap (DB)
Volgens die ou ooreenkoms het die hoëpriester altyd die bloed in die Heiligste deel ingebring, terwyl die dooie diere buite die blyplek van die mense verbrand is. So is Jesus ook buite die stad dood, sodat Hy mense met sy bloed vir God aanvaarbaar kon maak. Laat ons dan na Jesus toe gaan daar buite die stad, al moet ons net so bespot en verag word soos Hy.
HEBREËRS 13:11-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die hoofpriester bring die bloed van die offerdiere in die Allerheiligste in om as ’n offer vir die sonde te dien, maar hulle karkasse word buitekant die laer verbrand. Daarom het Jesus ook buitekant die stadspoort gely om sy volk met sy eie bloed aan God toe te wy. Kom ons gaan dan uit na Hom toe buitekant die laer en ons dra saam aan die smaad wat Hy moes verduur.