Jeremia 44:16-17

Jeremia 44:16-17 CAB23

Wat die woord betref wat u in die Naam van die HERE tot ons gespreek het, ons sal na u nie luister nie. Maar alles wat uit ons eie mond uitgaan, sal ons beslis doen, om vir die hemelkoningin rook te laat opgaan en drankoffers vir haar uit te giet, soos ons gedoen het, ons en ons vaders, ons konings en ons vorste, in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem; want ons het toe oorvloed van voedsel gehad, en ons was gesond en het geen onheil gesien nie.