En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid;
Lees Johannes 14
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 14:16
3 Dae
O, die wonder van die Heilige Gees! Hierdie drie-dag-leesplan begelei jou om na te dink oor drie heerlike waarhede ten opsigte van die werksaamhede van die Heilige Gees. Ontdek hoe die Heilige Gees die deurslaggewende getuienis lewer dat jy 'n kind van God is. Ontdek die krag wat die Heilige Gees jou gee om van Jesus te getuig. Ontdek hoe die Heilige Gees jou ondersteun en in jou guns optree. Kortom, ontdek die invloedryke werk van die Heilige Gees.
5 dae
Vredevors is die eerste EP van ENFC Music, wat dien as die aanbiddingspan van Every Nation Faith City. Deur dié 5 dagstukke wil ons jou saamneem op 'n reis deur die EP, oor hoe God oor ons voel, dat ons waarlik vry en vergewe is en soveel meer! Maar bo alles, om onsself te herinner dat God ons Vredevors is!
Die Here wil hê dat sy gelowiges op geloofsvlerke moet sweef. Die Bybel is ons gids, die karakters daarin ons voorbeelde, en die Heilige Gees ons hulp vir die lewe in geloof. Die Bybel is vol getuienisse wat ‘n alternatiewe lewe van rebellie en ongehoorsaamheid gekies het, asook die wat ‘n lewe van oorgawe in geloof gekies het.
5 Dae
Het jy al ooit gewonder hoe jou lewe sou lyk as jy die Heilige Gees werklik leer ken? Vir my is hierdie reis ’n uitnodiging om nader te beweeg aan die Een wat my lei, bemoedig en verander. Ek ontdek dat die Heilige Gees nie net iets is wat ek moet verstaan nie, maar Iemand wat ek kan ervaar; in my gedagtes, my emosies en my alledaagse lewe. Hy is nie ’n vae krag nie; Hy is ’n Persoon wat my herinner aan wie ek in Christus is. My begeerte is dat ek en jy sal leef in Sy volheid.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!