Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

JOHANNES 14:16 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

JOHANNES 14:16 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees

JOHANNES 14:16 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid

JOHANNES 14:16 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

En Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle ’n ander Raadgewer stuur om vir altyd by julle te wees

JOHANNES 14:16 DB (Die Boodskap)

“Ek sal met die Vader praat. Hy sal vir julle ’n spesiale Helper stuur. Hierdie Helper ken net een pad en dit is die pad van die waarheid.

JOHANNES 14:16 ABA (Bybel vir almal)

Ek sal vir die Vader vra en Hy sal vir julle 'n ander Helper gee. Die Helper is die Heilige Gees. Die Gees sal altyd by julle bly.

JOHANNES 14:16 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

En Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle 'n ander Parakleet gee, sodat Hy vir ewig by julle kan wees.

JOHANNES 14:16 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid