Josua 6:1-5

Josua 6:1-5 CAB23

En Jérigo was streng toegesluit ter wille van die kinders van Israel; niemand het uit- en niemand ingekom nie. Toe sê die HERE vir Josua: Kyk, Ek gee Jérigo en sy koning en die dapper helde in jou hand. En julle moet die stad omsingel, al julle krygsmanne, en een maal om die stad gaan. So moet jy ses dae doen. En sewe priesters moet sewe ramshorings voor die ark dra; en op die sewende dag moet julle die stad sewe maal omtrek, en die priesters moet op die ramshorings blaas. En as hulle lank met die ramshoring blaas, en as julle die geluid van die basuin hoor, sal die hele volk met 'n groot geroep skreeu; en die muur van die stad sal plat val, en die volk sal opklim, elkeen reg voor hom uit.