Levitikus 23:2-6

Levitikus 23:2-6 CAB23

Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Aangaande die feestye van die HERE wat julle as heilige samekomste moet uitroep, dit is my feestye. Ses dae moet werk verrig word, maar die sewende dag is die sabbat van rus, 'n heilige samekoms; julle mag geen werk daarin doen nie; dit is die sabbat van die HERE in al julle wonings. Dit is die feestye van die HERE, heilige samekomste, wat julle op die regte tyd moet uitroep. Op die veertiende dag van die eerste maand teen die aand is die pasga van die HERE. En op die vyftiende dag van dieselfde maand is die fees van die ongesuurde brode tot eer van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.