Lukas 11:1-4

Lukas 11:1-4 CAB23

En terwyl Hy op 'n sekere plek besig was om te bid, het een van sy dissipels, toe Hy opgehou het, vir Hom gesê: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het. En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is, laat U Naam geheilig word. U koninkryk kom. U wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons dag vir dag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes; want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is. En lei ons nie in versoeking nie; maar verlos ons van die bose.