LUKAS 11:1-4

LUKAS 11:1-4 AFR83

Jesus was êrens op 'n plek besig om te bid. Toe Hy klaar was, sê een van sy dissipels vir Hom: “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” En Hy sê vir hulle: “Wanneer julle bid, sê dan: “Vader, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom. Gee ons elke dag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie.”