Miga 5:3-4

Miga 5:3-4 CAB23

Daarom sal Hy hulle oorgee tot op die tyd wat sy wat baar gebaar het; dan sal die oorblyfsel van sy broers na die kinders van Israel terugkeer. En hy sal staan en wei in die sterkte van die HERE, in die majesteit van die Naam van die HERE sy God; en hulle sal bly, want nou sal hy groot wees tot aan die eindes van die aarde.