Psalms Psalm 128

Psalm 128
Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees; wat in sy weë wandel
1('n Hooglied.)
Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees; wat in sy weë wandel.
2Want die arbeid van jou hande sal jy eet; gelukkig sal jy wees, en dit sal met jou goed gaan.
3Jou vrou sal wees soos 'n vrugbare wingerdstok aan die kante van jou huis: jou kinders soos olyfplante rondom jou tafel.
4Kyk, so sal die man geseën word wat die HERE vrees.
5Die HERE sal jou seën uit Sion, en jy sal die goeie van Jerusalem sien al die dae van jou lewe.
6Ja, jy sal jou kinders se kinders sien, en vrede oor Israel.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan