Psalms Psalm 87

Psalm 87
Die HERE het die poorte van Sion meer lief as al die wonings van Jakob
1('n Psalm of Lied vir die seuns van Korag.)
Sy fondament is op die heilige berge.
2Die HERE het die poorte van Sion meer lief as al die wonings van Jakob.
3Heerlike dinge word van jou gespreek, o stad van God. Sela.
4Ek sal Ragab en Babel noem aan die wat My ken: kyk, Filistië en Tirus, saam met Kus; hierdie man is daar gebore.
5En van Sion sal gesê word: Hierdie en daardie man is in haar gebore, en die Allerhoogste self sal haar bevestig.
6Die HERE sal tel, as Hy die volk opskryf, dat hierdie man daar gebore is. Sela.
7Sowel die sangers as die instrumentspelers sal daar wees: al my fonteine is in jou.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan