En elkeen wat oorbly van al die nasies wat teen Jerusalem opgetrek het, sal van jaar tot jaar optrek om die Koning, die HERE van die leërskare, te aanbid en die huttefees te vier. En elkeen wat nie uit al die geslagte van die aarde na Jerusalem optrek om die Koning, die HERE van die leërskare te aanbid nie, sal ook op hulle geen reën kry nie. En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, wat geen reën het nie; daar sal die plaag wees waarmee die HERE die nasies sal tref wat nie optrek om die huttefees te vier nie. Dit sal die straf van Egipte wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die huttefees te vier nie. In dié dag sal daar op die klokkies van die perde wees: HEILIG AAN DIE HERE; en die potte in die huis van die HERE sal wees soos die komme voor die altaar. Ja, elke pot in Jerusalem en in Juda sal heilig wees aan die HERE van die leërskare; en almal wat offer sal kom en daarvan neem en daarin kook; en in dié dag sal daar geen Kanaäniet meer wees in die huis van die HERE van die leërskare.
Lees Sagaria 14
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Sagaria 14:16-21
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's