ESÉGIËL 1:4-9

ESÉGIËL 1:4-9 AFR53

Toe het ek gekyk — en daar het 'n stormwind uit die noorde gekom, 'n groot wolk met onophoudelike vuur; en 'n glans was rondom die wolk, en daaruit, uit die vuur, het iets soos blinkende metaal geskitter. En daaruit het die gestalte van vier wesens gekom, en dít was hulle voorkoms: hulle het die gestalte van 'n mens gehad; en elkeen het vier aangesigte gehad en elkeen van hulle vier vlerke; en hulle bene was reguit bene en hulle voetsole soos die sole van 'n kalfspoot; en hulle het geglinster soos blink geskuurde koper; en mensehande was onder hulle vlerke aan hulle vier kante. Maar aangaande die aangesigte en die vlerke van al vier, hulle vlerke was aanmekaar verbind. Hulle het nie weggedraai as hulle gaan nie; hulle het elkeen maar reguit vorentoe gegaan.