JEREMIA 44:16-17

JEREMIA 44:16-17 AFR53

Aangaande die woord wat u ons in die Naam van die HERE verkondig het — ons sal na u nie luister nie. Maar ons sal stellig alles doen wat uit ons mond uitgegaan het — om vir die hemelkoningin rook te laat opgaan en vir haar drankoffers uit te giet soos ons gedoen het, ons en ons vaders, ons konings en ons vorste, in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem; toe is ons met brood versadig en was gelukkig, en ons het geen onheil gesien nie.