Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

LEVÍTIKUS 27:30-33

LEVÍTIKUS 27:30-33 AFR53

Ook al die tiendes van die land, van die graan van die land, van die vrugte van die bome, behoort aan die Here; dit is heilig aan die Here. Maar as iemand van sy tiende iets wil los, moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg. Wat betref al die tiendes van beeste en kleinvee — alles wat onder die herderstaf deurgaan — die tiende moet aan die Here heilig wees. Hulle mag nie ondersoek of dit goed of sleg is nie, en dit nie omruil nie; maar as hulle dit tog omruil, moet dit en die geruilde heilig wees; dit mag nie gelos word nie.