PSALMS 113

113
Die Here verhef die geringes.
1HALLELUJA! Loof, o knegte van die Here, loof die Naam van die Here!
2 Laat die Naam van die Here geprys word, van nou af tot in ewigheid!
3 Van die opgang van die son tot by sy ondergang moet die Naam van die Here geloof word!
4Die Here is hoog bo al die nasies; bo die hemele is sy heerlikheid.
5 Wie is soos die Here onse God, wat hoog woon,
6 wat laag neersien, in die hemel en op die aarde?
7 Wat die geringe uit die stof oprig, die behoeftige van die ashoop af verhef;
8om hom te laat sit by die edeles, by die edeles van sy volk.
9 Wat die onvrugbare van die huis laat woon — 'n blye moeder van kinders. Halleluja!

Tans Gekies:

PSALMS 113: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan