PSALMS 133

133
Die broederlike liefde.
1 'n BEDEVAARTSLIED. Van Dawid.
Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon!
2Dit is soos die kosbare olie op die hoof, wat afloop op die baard, die baard van Aäron, wat afloop op die soom van sy klere.
3Dit is soos die dou van Hermon wat neerdaal op die berge van Sion; want daar gebied die Here die seën, die lewe tot in ewigheid!

Tans Gekies:

PSALMS 133: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan