PSALMS 142:3-6

PSALMS 142:3-6 AFR53

Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend. As my gees in my versmag, dan ken Ú my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle 'n vangnet vir my gespan. Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie. Ek roep U aan, o HERE! Ek sê: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes.