PSALMS 142

142
Gebed onder sware vervolging.
1 'n ONDERWYSING van Dawid, toe hy in die spelonk was. 'n Gebed.
2 Hardop roep ek die Here aan, hardop smeek ek die Here.
3Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend.
4As my gees in my versmag, dan ken Ú my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle 'n vangnet vir my gespan.
5Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie.
6Ek roep U aan, o Here! Ek sê: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes.
7Luister na my smeking, want ek is baie swak; red my van my vervolgers, want hulle is vir my te sterk.
8 Lei my siel uit die gevangenis om u Naam te loof. Die regverdiges sal my omring as U aan my goed doen.

Tans Gekies:

PSALMS 142: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan