PSALMS 56

56
Troos van 'n vlugteling.
1VIR die musiekleier; op die wysie van: „Die Duif van die ver Terebinte.” Van Dawid. 'n Gedig, toe die Filistyne hom gevang het in Gat.
2Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag.
3My vyande vertrap my die hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed.
4Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.
5Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen?
6Die hele dag verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om kwaad te doen.
7Hulle val aan, lê en loer — hulle let op my hakskene net soos hulle op my lewe geloer het.
8Ondanks hul ongeregtigheid — sal hulle ontvlug? Werp volke neer in toorn, o God!
9Ú het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie?
10Dan sal my vyande agteruitwyk op die dag as ek roep; dit weet ek dat God aan my kant is.
11Deur God sal ek die woord prys; deur die Here sal ek die woord prys.
12Ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan 'n mens my doen?
13Op my, o God, rus geloftes aan U gedoen; lofoffers sal ek U betaal;
14want U het my siel gered van die dood — ja, my voete van struikeling — om te wandel voor die aangesig van God in die lig van die lewe.

Tans Gekies:

PSALMS 56: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan