PSALMS 93

93
Die Koningstroon bo die volkesee.
1 DIE Here is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die Here is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.
2 Vas staan u troon van ouds af; van ewigheid af is U.
3Die riviere, o Here, het verhef, die riviere het hulle gebruis verhef; die riviere verhef hulle geraas!
4 Meer as die gebruis van groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is die Here geweldig in die hoogte!
5U getuienisse is baie betroubaar. Heiligheid pas by u huis, Here, tot in lengte van dae!

Tans Gekies:

PSALMS 93: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan