1 Korintiërs 12:28-31

1 Korintiërs 12:28-31 DB

Een lid van die gemeente is iemand vir wie die Here spesiaal gestuur het om sy boodskap te preek; ’n ander een moet in die gemeente self vertel wat die Here van die gemeente wil hê; dan is daar gemeentelede wat die ander moet touwys maak oor alles wat die Here ons geleer het; dan is daar mense wat spesiale kragtige dinge doen en ander vir wie die Here die krag gee om mense gesond te maak. Die Here het ook gesorg dat daar mense in die gemeente is wat ander kan help as hulle hulp nodig het. Party het weer die vermoë om te sorg dat die gemeentebedrywighede vlot verloop. Dan is daar ook mense in die gemeente wat “spesiale tale” praat. In die gemeente kan almal mos nie presies dieselfde ding doen nie. Almal kan mos nie preek of die ander gemeentelede leer nie. Wie is dan oor om te luister? Die hele gemeente kan mos nie net uit ’n klomp mense bestaan wat net kragtige dinge kan doen en mense gesond kan maak nie. Net so kan almal nie in “spesiale tale” praat of verduidelik wat met die “tale” gesê word nie. Wie gaan dan al die ander dinge doen wat in en deur die gemeente gedoen moet word? Daarom het verskillende lede van die gemeente verskillende dinge van die Here ontvang om te doen. Doen moeite met die gawes wat vir jou situasie die beste is. Maar nou wil ek vir julle van iets vertel wat vir elkeen van julle altyd die beste is.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Korintiërs 12:28-31