1 Korintiërs 6:9-11

1 Korintiërs 6:9-11 DB

Besef julle nie dat dit nie die manier is om julle te gedra nie? Iemand wat nie wil leef soos God dit wil hê nie, is nie welkom in sy nuwe wêreld nie. Moenie julleself om die bos lei nie. Mense wat seks misbruik, of wat seks met persone van dieselfde geslag het, mense wat hulle nie steur aan die reëls van die huwelik nie, wat agter allerhande valse gode aanloop en wat ander se goed vat, sal nooit die binnekant van God se nuwe wêreld sien nie. Die lysie gaan aan: dieselfde geld ook vir mense wat nooit genoeg kry nie en altyd net al hoe meer wil hê, wat drank hulle god gemaak het, wat net lieg en bedrieg vir eie gewin of wat dit geniet om lelik van ander te praat. Julle herken seker hierdie beskrywings, want daar was ’n klomp van julle wat voorheen so geleef het. Maar julle lewe het verander - God het die sonde soos vuilgoed van julle afgewas; Hy het julle spesiaal net Syne gemaak. Julle saak met God is nou heeltemal reg. Daarvoor het die Here Jesus Christus self gesorg saam met die Gees van ons God.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Korintiërs 6:9-11