1 Petrus 3:1-2

1 Petrus 3:1-2 DB

Dieselfde geld ook vir vroue. Wees ’n goeie vrou vir jou man. Doen wat hy van jou verwag. Die manier waarop julle in die gesin leef, is belangrik. As daar byvoorbeeld ’n man is wat nie na die Woord van God wil luister nie, moet die manier waarop jy as vrou leef, hom oortuig dat dit waarin jy glo, die waarheid is. Jou lewe praat baie harder as jou woorde. Dit is eintlik nie eens nodig om baie met jou man oor God te praat as jy leef soos Hy wil hê nie. So sal jy vir jou man wys hoe wonderlik God is.