1 Samuel 31:4-5

1 Samuel 31:4-5 DB

Hy sê toe vir sy wapendraer: “Trek jou swaard uit en steek my dood. Anders kom hierdie klomp heidene en steek my met hulle swaarde en laat my ly.” Maar die wapendraer was te bang om dit te doen. Saul vat toe sy eie swaard en pleeg selfmoord. Toe die wapendraer sien Saul is dood, het hý ook sy swaard gevat en soos Saul selfmoord gepleeg.