2 Petrus 1:5-7

2 Petrus 1:5-7 DB

Moenie ’n enkele oomblik agteroor sit nie. Sorg dat julle geloof in Christus elke dag sterker word. Gaan só te werk:  Span julle in om altyd net die regte dinge te doen.  Saam met hierdie ywer moet julle ook kennis hê. Sorg dat julle die Here goed ken. Saam met kennis gaan selfbeheersing. Moenie toelaat dat sondige begeertes julle ooit onderkry nie.  Saam met selfbeheersing gaan standvastigheid. Hou aan glo. Staan sterk!  Saam met standvastigheid gaan ’n lewe wat God verheerlik. Maak God se Naam groot in alles wat julle doen. Saam met ’n lewe wat God verheerlik, gaan absolute lojaliteit teenoor ander gelowiges.  Saam met liefde vir ander gelowiges gaan liefde vir alle ander mense. Gee regtig om vir almal met wie julle elke dag te doen kry.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 Petrus 1:5-7