2 PETRUS 1:5-7
2 PETRUS 1:5-7 Bybel vir almal (ABA)
God het baie dinge vir julle gedoen, en daarom moet julle hard probeer om nie net te glo in Hom nie, maar ook om goeie dinge vir ander mense te doen en om wyse mense te wees. Julle moenie gou kwaad word nie, julle moet vas glo, julle moet vir God dien, julle moet lief wees vir mekaar, julle moet lief wees vir al die mense.
2 PETRUS 1:5-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde.
2 PETRUS 1:5-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Juis om hierdie rede moet julle alles in julle vermoë doen om te wys dat hierdie beloftes vir julle waar geword het. Dan sal julle geloof meebring dat julle leefstyl goed is. ’n Goeie leefstyl bring weer mee dat jy God beter leer ken. As ’n mens God ken, kan jy jouself dissiplineer. Selfdissipline bring weer mee dat ’n mens kan uithou en aanhou, en hierdie volharding loop uit op ’n lewe naby aan God. ’n Lewe naby aan God skep liefde vir ander gelowiges, en uiteindelik is dit hierdie positiewe houding teenoor medegelowiges wat meebring dat jy almal liefhet.
2 PETRUS 1:5-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense.
2 PETRUS 1:5-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Lê juis daarom alle ywer aan die dag om by julle geloof deug te voeg, by deug, insig, by insig, selfbeheersing, by selfbeheersing, volharding, by volharding, godvresendheid, by godvresendheid, broederliefde, en by broederliefde, liefde vir alle mense.
2 PETRUS 1:5-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En behalwe dit, met alle ywer, voeg by julle geloof deug by; en tot deugdekennis; En tot kennis selfbeheersing; en tot matigheid geduld; en geduldig godsaligheid; En aan die godsaligheid broederlike goedertierenheid; en tot broederlike goedhartigheid liefdadigheid.
2 PETRUS 1:5-7 Die Boodskap (DB)
Moenie ’n enkele oomblik agteroor sit nie. Sorg dat julle geloof in Christus elke dag sterker word. Gaan só te werk: Span julle in om altyd net die regte dinge te doen. Saam met hierdie ywer moet julle ook kennis hê. Sorg dat julle die Here goed ken. Saam met kennis gaan selfbeheersing. Moenie toelaat dat sondige begeertes julle ooit onderkry nie. Saam met selfbeheersing gaan standvastigheid. Hou aan glo. Staan sterk! Saam met standvastigheid gaan ’n lewe wat God verheerlik. Maak God se Naam groot in alles wat julle doen. Saam met ’n lewe wat God verheerlik, gaan absolute lojaliteit teenoor ander gelowiges. Saam met liefde vir ander gelowiges gaan liefde vir alle ander mense. Gee regtig om vir almal met wie julle elke dag te doen kry.