Hierdie goddelose figuur sal dit gebruik om mense te mislei. Hy sal almal wat hulle rug vir God gedraai het, aanspoor om die vieslikste sondes te doen. Dit gebeur omdat hulle die kans van ’n leeftyd deur hulle vingers laat glip het om in Christus te glo en sy verlossing te ervaar. God sal hulle toelaat om agter hierdie dwalings aan te hardloop sodat hulle al hierdie leuens uit die hel glo. Die uiteinde van almal wat weier om in die waarheid te glo en wat gekies het om hulle aan al wat sonde is oor te gee, is God se verskriklike straf.
Lees 2 Tessalonisense 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Tessalonisense 2:10-12
4 dae
Deur die eeue heen het die blote gedagte aan Jerusalem die diepste gevoelens in Jode sowel as Christene geroer. Jerusalem, die stad van die lewende God! Jesus het geween oor die stad Jerusalem waarbinne die tempel van die Here gestaan het. Daar word in die Bybel in die geskiedenis van, en profesieë oor, Israel na die vier tempels verwys waarna ons gaan kyk in hierdie plan.
9 Dae
“Staan vas in jou geloof!” Is die uitdaging van hierdie tweede brief aan die Tessalonisense wat ons daaraan herinner dat Jesus vir ons terugkom. Reis daagliks deur 2 Tessalonisense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
7 dae
Wat is die wegraping van die kerk? Watter Bybelgedeeltes vertel vir ons van die wegraping? Wat is die doel van die wegraping? Wie sal weggeraap word? Amir Tsarfati kyk na hierdie en ander vrae in dié 7-dag leesplan wat fokus op die kernvrae rondom die wegraping.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's