Ester 6:1-2

Ester 6:1-2 DB

Daardie selfde nag het die koning gesukkel om aan die slaap te raak. Hy laat haal toe die geskiedenisboeke wat alles oor sy koninkryk vertel en alles wat hy al gedoen het, en laat sy personeel dit vir hom voorlees. Toevallig lees hulle toe vir hom die gedeelte waar Mordegai te hore gekom het van die komplot van Bigtan en Teres, die twee paleisamptenare wat beplan het om koning Ahasveros dood te maak.