Hebreërs 10:11-13

Hebreërs 10:11-13 DB

Die priesters sloof hulle elke dag met dieselfde ou offers af. Hulle doen dit dagin en daguit. Die offers kan tog nooit maak dat God nie meer die verkeerde dinge raaksien wat mense doen nie. Maar met Christus is dit baie anders. Hy het net een enkele offer gebring en dit was genoeg vir altyd. Daarna het Hy op die ereplek by God in die hemel gaan sit. Daar sit Hy en wag dat God al sy vyande magteloos voor Hom op die grond gaan gooi.