“Israel, jy moet teruggaan na die Here jou God toe. Jou sonde het jou laat struikel. Dit het jou op die grond laat val. Kom na God toe en sê vir Hom dat jy verkeerd was. Kom terug na die Here toe. Bid tot die Here: “Vergeef ons tog al ons sonde. Ons is jammer daaroor. Aanvaar tog ons verskoning oor ons sonde. Ons belydenis is die offer wat ons bring om ons sake met U weer reg te stel. Assirië kan ons nie red nie. Ons kan nie op ons weermag en ons wapens vertrou nie. Ons kan nooit weer vir die gode wat ons met ons eie hande gemaak het, sê ‘My god’ nie. ’n Kind wat niemand het om vir hom te sorg nie, kan maar net by U die liefde en die versorging kry wat hy nodig het.”
Lees Hosea 14
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hosea 14:2-4
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's