In die vierde jaar wat Jojakim koning van Juda was, het die Here met Jeremia oor die mense van Juda gepraat. Dit was die eerste jaar wat Nebukadnesar koning van Babel was. Jeremia was ’n profeet van die Here. Hy het vir die mense van Juda en Jerusalem gesê: “Dit is nou vir 23 jaar wat die Here vir my boodskappe gee. Vandag nog sê Hy steeds vir my wat om vir julle te sê. Dit het begin in die dertiende jaar wat Josia koning van Juda was. Koning Josia was die seun van Amon. Ek het altyd vir julle gesê wat die Here sê, maar julle het julle nie daaraan gesteur nie.
Lees Jeremia 25
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jeremia 25:1-3
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's