Johannes 2:15-16

Johannes 2:15-16 DB

Jesus maak toe ’n sweep uit toue en jaag die hele spul uit die tempelplein uit, skape en beeste inkluis. Ook die mense wat met die geld gewerk het, het deurgeloop. Jesus het hulle tafels omgegooi en hulle geld die wêreld vol gestrooi. Vir die duiweverkopers het Hy gesê: “Vat hierdie goed weg! Hoe durf julle my Vader se huis in ’n mark verander!”