Job 32

32
Elihu reageer op Job en sy vriende
1Job se drie vriende wou nie langer met hom praat nie, want hy het bly sê dat hy onskuldig is. 2’n Man met die naam Elihu het met Job en sy vriende begin praat. Elihu was die seun van Barakel. Hulle het van Bus af gekom en was deel van die Ramfamilie. Elihu het baie kwaad vir Job geword omdat hy bly sê het dat hy onskuldig is en dat God verkeerd is om hom te straf. 3Hy was ook kwaad vir Job se vriende omdat hulle Job nie kon oortuig het dat hy verkeerd is nie. Deur hom nie te oortuig nie, het hulle dit laat lyk of God verkeerd gedoen het en nie Job nie. 4Elihu het eers gewag voordat hy met Job gepraat het omdat die ander vriende ouer as hy was. 5Maar toe Elihu sien dat die ander drie niks meer het om te sê nie, was hy kwaad en het hy begin praat.
6Elihu het gesê: “Ek is jonk in vergelyking met julle; daarom was ek versigtig om sommer vir julle te vertel wat ek dink. 7Ek het gedink dat ouer mense eerste moet praat, want hulle het meer kennis en ervaring van die lewe. 8Maar die waarheid is dat dit God se Gees is wat ’n mens verstandig maak. 9Ouer mense is nie noodwendig verstandig nie. En net omdat mense oud is, beteken dit ook nie noodwendig dat hulle weet wat reg is nie. 10Daarom vra ek, luister na my. Ek wil graag vir julle sê wat ek dink.
11“Ek het gewag dat julle julle sê moet sê. Ek het met aandag geluister na al die argumente wat julle gebruik het en julle gesoek na woorde. 12Ek het mooi geluister, maar nie een van julle kon Job oortuig nie. Julle het ook nie antwoorde gehad vir al sy argumente nie. 13Moet nou net nie met die argument by my kom dat die regte ding sal wees dat God hom moet oortuig nie. 14Job het nou wel nie met my gepraat nie, maar ek sou hom beslis nie soos julle geantwoord het nie. 15Nou weet julle nie watter kant toe nie. Julle weet nie meer wat om te sê nie. 16Moet ek nou ook stilbly omdat julle niks meer te sê het nie? 17Nee, ek het my antwoord reg. Ek gaan beslis sê wat ek dink. 18Ek het baie dinge wat ek wil sê. Ek kan nie wag om te praat nie. 19Dit voel vir my die woorde gaan uitbars as ek nie nou gaan praat nie. 20Ek moet praat om uiting te gee aan hoe ek voel. Ek moet Job begin antwoord. 21Ek wil niemand voortrek of heuning om die mond smeer nie. 22Ek weet in elk geval nie hoe om dit te doen nie. As ek dit sou waag, sal God wat my gemaak het, soos blits van my ontslae raak.”

Tans Gekies:

Job 32: DB

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan