Lukas 21:8

Lukas 21:8 DB

“Wees versigtig vir daardie mense wat allerlei stories hieroor opmaak,” sê Jesus toe vir hulle. “Baie mense sal sommer uit die bloute hier by julle opdaag en sê: ‘Kyk, dit is Ek, die Messias! Nou is God se nuwe wêreld uiteindelik hier!’ Maar moenie na hulle luister nie. Hulle is ’n spul leuenaars.