Miga 5:1-5

Miga 5:1-5 DB

“Betlehem is in die Efrata-gebied. Dit is eintlik maar ’n onbelangrike stadjie in vergelyking met van die ander stede in Juda. Maar die Here sê in hierdie stadjie sal ’n leier gebore word wat Hy gekies het om koning oor Israel te wees. Hy kom uit ’n familielyn wat tot baie ver in die verlede teruggaan. Vir ’n tyd lank sal die Here sy mense baie swaar laat kry. Dit sal so aanhou totdat hierdie nuwe leier gebore word. Dan sal van die mense van Juda wat deur hulle vyand uit hulle land weggevat is, terugkom sodat hulle weer by hulle eie mense in Israel kan wees. Hierdie leier sal sy pligte begin en sy mense lei deur die krag wat die Here vir hom sal gee. Die Here sal vir hom die gesag gee wat hy nodig het om die leier van Juda te wees. Die mense van Israel sal met hom as leier baie veilig voel, want oral oor die wêreld sal mense vir hom respek hê. Hy sal sorg dat daar vrede is,” het Miga gesê. Die opponente antwoord toe: “Die mense hoef nie bekommerd te wees nie. As die Assiriërs ons land inval en deur ons verdedigingslinies breek, sal ons genoeg leiers aan ons kant hê om hulle aan te vat. Hulle sal ons beskerm. Hulle sal Assirië met militêre mag verslaan. As die Assiriërs oor ons grense kom om ons land in te val, sal ons bondgenote ons uit hulle mag kom red.”