Markus 16:4-5

Markus 16:4-5 DB

Daar gekom, kon hulle hulle oë byna nie glo nie. Die groot rots het eenkant weggerol gelê. Hulle gaan toe in die graf in wat soos ’n kamertjie gelyk het. Hulle skrik hulle byna boeglam, want daar aan hulle regterkant sit ’n jongman met spierwit klere aan.