Markus 7:3-4

Markus 7:3-4 DB

(Daar was baie streng Joodse wette wat ’n mens moes volg om jouself rein en reg te kry om te eet. Die Jode sou nie eet voor hulle eers hulle hande gewas het nie. Hulle het dit van die ou tyd af so gedoen. Byvoorbeeld, as hulle van die winkel af kom, sal hulle niks eet voordat hulle eers hulle hande op ’n spesifieke manier gewas het nie. En dit is nie al nie. Daar is hope sulke gebruike, soos om jou koppies, bekers, panne en selfs stoele op die voorgeskrewe manier te was.)