Spreuke 16:27-33

Spreuke 16:27-33 DB

Iemand wat nie wil werk nie, is sleg. Al wat hy doen, is om verkeerde dinge te beplan. Sy woorde vernietig mense se lewens. Mense wat ompaaie met die waarheid loop, veroorsaak oral rusie. ’n Skindertong vernietig mooi vriendskappe. ’n Hartelose mens gee vir niemand om nie. Selfs sy beste vriend maak hy seer. Wie skelmpies vir ander knipoog, beplan iets verkeerds. Wie met sy hand op sy mond sit, swyg oor wat verkeerd is. Iemand wat lewenslank naby aan die Here geleef het, se oudag is mooi. Wie sy humeur kan beteuel, is sterker as die sterkste mens. Wie sy drange en emosies kan beheer, is magtiger as baie magtiges. ’n Mens wik en weeg. God sê egter die laaste woord.