Psalms 147:1-11

Psalms 147:1-11 DB

Kom prys die Here. Dit is goed om ons God met liedere groot te maak. Ja, dit is wonderlik. Dit pas by die Here se kinders om met liedere vir Hom dankie te sê. Wat mense afgebreek het, bou die Here weer op. In die geskiedenis het dit met Jerusalem gebeur. Van sy kinders wat in die verlede moes vlug, het Hy weer bymekaargebring. Hy troos elkeen wat hartseer is. Die seerplekke wat die lewe gee, maak Hy weer gesond. Dit is Hy wat besluit hoeveel sterre daar is. Hy regeer oor elkeen van hulle. Daarom ken Hy hulle almal. Ons Here is groot en baie sterk. Daar is niks wat Hy nie weet nie. Die Here help die mense wat hulp nodig het. Maar mense wat hulle nie aan Hom steur nie, moet weet dat daar groot probleme op hulle wag. Kom sing ’n lied om vir die Here dankie te sê. Sing vir ons God ’n lied met musiekinstrumente. Dit is Hy wat die wolke in die hemel laat opsteek. Hy bring die reën en laat die gras op die berge groei. Hy gee weiding aan die diere en kos vir die jong kraaie as hulle honger is. Die prestasies van ’n mens en die krag van ’n dier maak nie indruk op die Here nie. Die krag van bomme, die prestasies van geleerdes of die geheue van die slimmes beïndruk die Here nie. Wat Hy wil hê, is dat mense Hom moet dien en aanbid. Dit is dié mense wat weet dat die Here hulle baie liefhet.