Psalms 62

62
1Opgedra aan die musiekleier. Op die wysie van “Jedutun”. ’n Dawidspsalm
2Ek is rustig wanneer ek by die Here is.
Dit is Hy wat my elke keer red as ek in die moeilikheid beland.
3By Hom alleen is ek veilig. Hy verlos en beskerm my.
Al is ek in die moeilikheid, sal niks my ooit onderkry nie.
4Partykeer vra ek: Hoe lank gaan mense my nog probeer onderkry? Hulle beskuldig my van allerhande dinge.
Hulle wil my onderstebo stamp soos ’n lendelam klipmuur sommer omval.
Hulle wil my doodmaak.
5Hulle wil my laat neerslaan. Daardie mense praat agteraf van my. Hulle vertel leuens.
Hulle praat mooi woordjies, maar binne-in dink hulle anders.
Hulle lewe is vol slegte dinge.
6Ek het vir myself gesê: Word stil en rustig by die Here.
Om by Hom te wees gee vir my hoop. Ek vertrou Hom. Hy beskerm en red my.
7Hy is soos ’n wegkruipplek waar ek veilig is.
Daarom sal niks my onderkry nie.
8Vir my is dit ’n groot eer om God se hulp te kom vra.
Ek kry arms vol krag wanneer ek voor Hom staan met my probleme.
Ek soek veiligheid by my God.
9Kinders van die Here, julle moet altyd op Hom vertrou.
Praat julle hart leeg by Hom. God is die Een wat ons sal beskerm, altyd!
10Hoor nou wat ek sê: mense beteken niks.
Op mense kan jy nooit vertrou nie. Hulle is onbetroubaar. As julle hulle weeg, sien jy hulle is niks.
Selfs al span hulle kragte saam, beteken hulle minder as niks.
11Moenie op mense se krag vertrou nie. Om mense te besteel gaan jou nie help nie.
Wanneer jy ryk word, oppas dat dit nie jou hart inneem nie.
12Daar is twee dinge wat vir my baie duidelik geword het:
13Dis net God wat regtig mag het.
’n Mens kan net op die Here vertrou. Want Hy het ons lief.
Here, U beloon elke mens volgens wat hy doen.

Tans Gekies:

Psalms 62: DB

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan