Romeine 11:17-18

Romeine 11:17-18 DB

Maar party van hierdie olyfboom se takke is intussen afgebreek. Dit is al daardie Israeliete wat nie na God wou luister nie. In hulle plek is jy wat nie ’n Israeliet is nie soos ’n wildeolyf tussen die takke van die olyfboom ingeënt. Op dié manier kon jy deel in die wortel se lewenskrag. God se genade en sy liefde het ook na jou toe gevloei. Jy moet egter nie nou dink dat jy beter as die ander takke is nie. Dis regtig nie jý wat die boom met wortel en al dra nie. Nee, dit is die wortel, God se genade wat van Abraham se tyd af deur die olyfboom vloei, wat jou ook dra. As dit nie daarvoor was nie, het jy ook nie geglo nie.