Hooglied 7

7
Hy
1Hoe wondermooi is jy tog nie! Hoe fraai en fyn lyk jou voete nie in jou sandale nie. Jou heupe se rondings is die werk van kunstenaarshande.
2Jou naeltjie is so verruklik soos ’n beker vol wyn. Jou maag is so mooi soos ’n hoop koring met lelies omring.
3Jou borste is soos twee bokkies, die tweeling van ’n ribbok.
4Jou nek is so slank soos ’n ivoortoring. Jou oë is so helder soos die poele naby die poorte van Hesbon. Jou neus is soos die toring van Libanon van waar ’n mens Damaskus kan sien.
5Jou kop is soos die Karmel en jou hare se vlegsels soos die fynste satyn. Dit is so mooi dat jy selfs die koning bekoor.
6Hoe wondermooi is jy tog nie en hoe volmaak die genot van jou liefde.
7Jy is so lieflik en slank soos ’n palmboom en jou borste is soos dadeltrosse.
8Ek het vir myself gesê dat ek nog in hierdie palm wil klim en van sy vrugte wil pluk. Jou borste is soos twee druiwetrosse en jou asem ruik na appels.
9Jou mond proe soos die edelste wyn wat saggies oor my lippe en tande vloei.
Sy
10Ek behoort aan my liefling wat na my smag en verlang.
11Kom, my liefling, kom ons gaan loop in die veld en oornag in die dorp.
12Vroegoggend besoek ons die wingerd en kyk of die bome al bot en die granaatboom se bloeisels al blom. Daar sal ek jou dan al my liefde wil gee.
13Die liefdesappels se geure is oral te ruik. Naby ons deur groei die heerlikste vrugte en vir my liefling het ek daarvan bewaar.

Tans Gekies:

Hooglied 7: DB

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan