1 JOHANNES 4:1-2

1 JOHANNES 4:1-2 AFR83

Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is. Hiéraan ken julle die Gees van God: elkeen wat bely dat Jesus werklik die Christus is wat mens geword het, het die Gees wat van God afkomstig is.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 JOHANNES 4:1-2