1 KONINGS 2:2-4

1 KONINGS 2:2-4 AFR83

“Noudat ek die pad van alle mense moet gaan, moet jy sterk wees en soos 'n man optree. Hou jou aan wat die Here jou God jou voorskryf en lewe daarvolgens. Gehoorsaam sy voorskrifte, sy gebooie, sy bepalings en sy verordenings soos dit opgeskryf is in die wet van Moses. Dan sal jy voorspoedig wees in alles wat jy doen en oral waar jy gaan. Dan sal die Here sy beloftes vervul. Hy het vir my gesê: ‘As jou nakomelinge nougeset leef en met hart en siel aan My getrou bly, sal daar altyd een uit jou nageslag as koning oor Israel regeer!’

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 KONINGS 2:2-4