HANDELINGE 28:26-27

HANDELINGE 28:26-27 AFR83

Hy het gesê: “Gaan na hierdie volk toe en sê vir hulle: Julle sal hoor en hoor en tog niks verstaan nie; en kyk en kyk en tog niks sien nie. Hierdie volk se verstand is afgestomp: hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaak, sodat hulle nie met hulle oë kan sien en met hulle ore kan hoor en met hulle verstand verstaan en hulle bekeer en Ek hulle gesond maak nie.