My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie. Sê nou daar kom in julle samekoms 'n man in met goue ringe aan sy vingers en met deftige klere aan en daar kom ook 'n brandarm man in met ou klere aan, en sê nou julle maak 'n ophef van die man met die deftige klere en julle sê vir hom: “Kom sit u hier gemaklik,” maar vir die arm man sê julle: “Gaan staan jy daar anderkant” of: “Kom sit hier by my voete,” het julle dan nie onder mekaar onderskeid gemaak en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie? Luister, my liewe broers! Kies God nie juis dié uit wat in die oë van die wêreld arm is, om ryk te wees in die geloof en om die koninkryk in besit te neem wat Hy belowe het aan dié wat Hom liefhet nie? Maar julle behandel die arm man met minagting. Is dit nie die rykes deur wie julle uitgebuit word nie, en is dit nie hulle deur wie julle voor die hof gesleep word nie? Is dit nie hulle wat die goeie Naam skend van Hom aan wie julle behoort nie? As julle werklik die wet van die koninkryk van God onderhou soos dit in die Skrif staan: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself,” dan doen julle reg. Maar as julle die mense na die uiterlike beoordeel, doen julle sonde en veroordeel die wet van God julle as oortreders.
Lees JAKOBUS 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: JAKOBUS 2:1-9
18 Dae
As jy 'n gelowige in Jesus Christus is, dan moet jou optrede jou nuwe lewe weerspieël; stel jou geloof in aksie. Reis daagliks deur Jakobus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
27 Dag
Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studie kyk ons dieper na God se wysheid oor lyding, die krag van gebed, die belangrikheid om die tong te beheer, en die gevare van rykdom. Jakobus daag ons uit om nie net te praat nie, maar om tot die daad oor te gaan; om ons geloof uit te leef in 'n moedige strewe na heiligheid. Maar omdat niemand van ons perfek is nie, is dit belangrik om Jakobus te lees deur die lens van die evangelie. Soos jy hierdie boek bestudeer, soek na die dinge waar jy tekortskiet en bely dit, word bemoedig deur Christus se oorvloedige genade en word gemotiveer om 'n godsvrugtige lewe te leef deur Sy krag en vir Sy glorie.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's