JEREMIA 39:17-18

JEREMIA 39:17-18 AFR83

Maar daardie dag sal Ek jou red, sê die Here, en jy sal nie uitgelewer word aan die mense vir wie jy bang is nie. Ek sal jou laat ontkom, jy sal nie in die oorlog sneuwel nie. Omdat jy op My vertrou het, sal jy ontsnap, al sal jy net met jou lewe daarvan afkom, sê die Here.