JOSUA 6:1-5

JOSUA 6:1-5 AFR83

Jerigo was gesluit en verskans teen die Israeliete; niemand het uitgegaan of ingekom nie. Die Here het vir Josua gesê: “Ek gaan Jerigo, sy koning en sy soldate nou in jou mag oorgee. Julle moet om die stad loop; al die manne onder wapen moet een maal om die stad gaan, en dit moet julle ses dae lank doen. Sewe priesters moet elkeen 'n ramshoring voor die ark uit dra. “Die sewende dag moet julle sewe maal om die stad loop. Dan moet die priesters die ramshorings blaas, en sodra die ramshorings blaas en julle dit hoor, moet al die manskappe die aanvalskreet hard uitskreeu. Die muur van die stad sal dan inmekaar stort en die manskappe kan oorklim, elkeen reguit vorentoe.”